Afrikaans: Sterrekundiges wat tuisgaan by
ESO se La Residencia, die
BGT-sterrewag se hotel diep in die Chileense woestyn, het 'n uitsig op die hemeltrans soos min ander op aarde.
La Residencia is ontwerp deur die Duitse argitekte Auer+Weber+Assoziierte en bied 'n oase vir dié wat by ESO se Paranal-sterrewag werk. Die Atacama-woestyn is een van die mees ongenaakbare landskappe denkbaar. 'n Uiters droë klimaat, intense ultravioletbestraling van die son en die hoë hoogte is hier jou daaglikse metgeselle. Snags ervaar La Residencia egter van die beste waarnemingstoestande ter wêreld.
La Residencia en ESO se BGT – gehuisves by die Paranal-sterrewag – is ver van bronne van ligbesoedeling en ervaar buitengewoon deursigtige atmosferiese toestande. Op maanlose nagte kan die sterlig so skerp wees en die omgewing so donker dat die Melkweg 'n skaduwee op die grond werp! Hierdie faktore laat hoë kwaliteit wetenskaplike waarnemings toe en bied ongelooflike toestande vir astrofotografie, soos versinnebeeld deur hierdie pragtige skoot deur Luis Calçada, 'n grafiese bewegingsontwerper by ESO se hoofkwartier te Garching, Duitsland.
Hier oorspan die Melkweg die hemelgewelf bo La Residencia, terwyl verbygaande personeel 'n oomblik verpoos om die skouspelagtige toneel gade te slaan.
English: Deep in the Chilean Desert, astronomers staying at ESO’s La Residencia, the VLT Observatory's hotel, witness a skyscape like few others on Earth.
Designed by the German architects Auer+Weber+Assoziierte, La Residencia provides an oasis for those working at ESO’s Paranal Observatory. The Atacama Desert is one of the harshest landscapes imaginable. Extreme dryness, intense ultraviolet radiation from the Sun, and high altitude are a normal part of everyday life. However, come nightfall, La Residencia experiences some of the best observing conditions in the world.
La Residencia and ESO’s Very Large Telescope (VLT) — housed at the Paranal Observatory — are far from sources of light pollution, and experience exceptionally clear atmospheric conditions. On moonless nights, the sky can be so clear and dark that light from the Milky Way casts a shadow on the ground! These factors permit high quality scientific observations to be made as well as offering amazing conditions for astrophotography, exemplified in this stunning shot taken by Luis Calçada, a motion graphic designer at ESO’s headquarters in Garching, Germany.
In this photograph, the plane of the Milky Way can be seen above La Residencia, as passing staff members take a moment to admire the spectacular sight.